Medical to the remote

This Blog is all about the work of God. Nothing we do is without the knowledge of our Father. He is the soul provider for everything we do.
We are Mordegai, Toinette, Suzaan, Gideon and Anton Rossouw from Namibia-Africa. . This Blog is all about our lives here in Cambodia while Suzaan works in South Africa. We are real Farmers from Africa and we love life and what it have to offer and enjoy it day by day.

Mordegai travels to remote villages, doing much needed medical work ,where no other doctors go, with local pastors.

Toinette is at home with the boys. Gideon is no longer with us but Anton will finish with Hope school this year and start online classes .Toinette joins FGC Community Link Cambodia to the villages close by, teaching local children in an after school setting and also women about Health Issues in a village setting.

We consider us Asians as we live such a long time in Asia, eating rice as a staple food and not meat......

Our motto in life comes from a dear friend:

With common sense and God we
can accomplish a lot

Robin Wales




Friday, February 7, 2014

in the news

Henriette Lamprecht - ’n Namibiër wat vir jare reeds sendingwerk in die buiteland doen, het wonderbaarlik aan die dood ontkom, nadat ’n vrag­motor bo-oor hom en sy motorfiets gery het.
Mordegai Rossouw was op pad met ’n mediese uitreikaksie na Kbal Domrei in die oerwoude van Kambodja toe die ongeluk gebeur het.
Mordegai, sy vrou Toinette en hul twee seuns woon in Siem Riep in Kambodja waar die egpaar die afgelope paar jaar aan gemeenskap- en mediese uitreikaksies onder die plaas­like gemeenskap deelneem en ook die evangelie verkondig.
Volgens ds. Thijs van der Merwe van die NG Moedergemeente in Windhoek het die ongeluk Dinsdag plaasgevind.
“Mordegai was op sy motorfiets toe ’n vragmotor wat sonder ligte gery het, op ’n draai in die pad reg van voor gekom en bo-oor hom gery het.”
Twee vriende wat saam met hom was, ’n fisioterapeut en ’n chiroprak­tisyn, kon Mordegai sover hul kon met sy beserings help, waarna hulle hom in ’n klein boskliniek verder versorg het. Hy is toe per taxi en tydens ’n rit wat meer as vyf ure geduur het, na die internasionale hospitaal op Siem Riep geneem.
Hier is Mordegai, wat ’n erge beenbreuk in die ongeluk opgedoen het en ook sy een hand gebreek het, gestabiliseer, voordat hy na ’n hospitaal twee ure verder daarvandaan geneem is.
“Daar is ’n Amerikaanse ortopeed wat na hom kyk en wat baie positief oor sy herstel is.”
Volgens Van der Merwe gaan daar nou drie tot vyf dae gewag word vir die wond om te herstel, voordat ’n pen in sy been geplant sal word.
“Die dokter sê hy behoort oor so twee, drie weke weer op die been te wees.”
Van der Merwe, wat gister self met Mordegai in verbinding was, sê die motorfiets is ’n totale wrak.
“Volgens Mordegai is hy baie lyfseer en is sy been in traksie.”
Die Rossouws is in 1996 deur die NG Moedergemeente in Windhoek as sendelinge uitgestuur en het ’n opleidingskool vir dissipels onder YWAM in Maleisië begin. Na ’n uitreikaksie na Davao in die Fillipyne, het die egpaar gevoel God het hul geroep om na die land terug te keer. Hier het hulle vir meer as 11 jaar in die land se krotbuurtes gebly en sendingwerk gedoen en dis ook in die Fillipyne waar hul twee seuns gebore is.
Mordegai was voorheen ’n argitek terwyl Toinette ’n hoërskoolonderwyseres was. Hy is ook ’n primêre gesondheidswerker en opgeleide tandarts, terwyl Toinette ook as vroedvrou opgelei is. Die gesin het in middel 2012 vanaf Phnom Penh na Siem Riep 

http://www.republikein.com.na/mense/namibi-r-ontkom-dood-kambodja.218281

No comments: